Afrikaanse woestyn-partytjie onder die Suiderkruis
Kom deel in ‘n uitbundige viering van Afrikaanse kunstenaars & musiek in die hartjie
van die Tankwa Karoo. Tankwa Drome Seisoen V vier die 100ste bestaansjaar van Afrikaans as ‘n amptelike taal met kunstenaars soos Bok Van Blerk, Robbie Wessels en Werner van der Hoven op die planke.
AANGEBIED DEUR PLACE OF DREAMS (POD)
Tankwa Drome is ‘n jaarlikse reunie om hierdie grootse oomblik te vier, en soos die pioniers van ouds ‘n paradys in die middel van nêrens te skep. Hier bevorder ons die kuns, en verlekker ons onsself in Afrikaanse gasvryheid en deelkultuur.
Sluit by ons aan en word deel van hierdie unieke ervaring waar dans-tot-jy-omkap musiek, die betowerende skoonheid van die Karoo en die gees van avontuur saamvloei soos Klippies en Cola. Pak jou vellies, blikbeker, keppie en ‘n koelboks, en kom skep ‘n paar splinternuwe kernherrineringe.
Vir nuwe POD Familie & Vriende
Teken asb op vir POD lidmaatskap. Dit vat minder as 2 minute van jou tyd. As jy nie ‘n lid is nie, sal jy nie mag kaartjies koop nie.
Kaartjies en Akkommodasie
Liefling
Bring-jou-eie opsie by POD 2
R1500pp
Kom jy met ‘n daktent, karavaan of kamp trailer?
R1500 per voertuig permit (VP)
Kyk uit vir die karavaantjies op die POD kaart.
Ingesluit:
– 1 x Feesganger-kaartjie
– Kampeerplek by POD2
– Volle ablusie-fasilliteite
Kom geniet die nuwe opgegradeerde POD 2.
Uitgesluit:
– Maak voorsiening vir jou eie tent, tent geriewe en skadu
– Bring-jou-eie kampeerders moet self-onderhoudend wees en
inpak wat hulle glo hulle sal benodig.
Lisa se klavier
Bring-jou-eie opsie by POD 1
R2500pp
Kom jy met ‘n daktent, karavaan of kamp trailer?
R1500 per voertuig permit (VP)
Kyk uit vir die karavaantjies op die POD kaart.
Ingesluit:
– 1 x Feesganger kaartjie
– Kampeerplek by POD1
– Volle ablusie-fasilliteite
– Gemeenskaplike bedouintent
Uitgesluit:
– Maak voorsiening vir jou eie tent, tent geriewe en skadu.
– Bring-jou-eie kampeerders moet self-onderhoudend wees en
inpak wat hulle glo hulle sal benodig.
Baby ek bly
Semi-glamping opsie
R3500pp vir 2 kaartjies
R4800pp vir 1 kaartjie
Ingesluit:
– 1 x Feesganger-kaartjie
– 1 x Koepeltent, reeds opgeslaan, onder skadu (slaap 2)
– Matrasse
– Gemeenskaplike elektrisiteitspunt
Uitgesluit:
– Geen beddegoed of handdoeke
Die Reisiger
Voluit Glamping opsie
R4600pp vir 2 kaartjies
R6500pp vir 1 kaartjie
Ingesluit:
– 1 x Feesganger-kaartjies
– 1 x Luukse koepeltent (slaap 2)
– 1 x Dubbelbed met ‘n matras OF twee x enkelbeddens met matrasse
– Kombers, laken en kussing
– Beligting, bedlampies, bedkassies en kragpunte
– Toegang tot gemeenskaplike geriewe: yskas, etenstafel, twee kampstoele per tent
Round Rooms Akkommodasie
Round Rooms POD 1 (Slaap 4) – Geleë naby die hoofkamp
R24000 (Slaap 4)
Ingesluit:
– 1 x Feesganger-Kaartjies
– Die Round Rooms is ‘n stylvolle 2-slaapkamer huisie vir 4 mense.
– Bied ‘n volledige toegeruste kombuis, sitkamer en persoonlike badkamer.
– 2 x kampeertoele
– 2 x dubbelbeddens met bedkassies
– Kamer waaiers, elektriese ligte en kragpunte
– Toegang tot alle fasiliteite van POD 1.
Ons kaart werk so
Ons het ‘n interaktiewe kaart binne ons kaartjie-stelsel geskep wat jou toelaat om beskikbare plekke, tente en kaartjies direk van die kaart af te deursoek. Die areas waar kaartjies beskikbaar is vir Tankwa Drome is POD 1 & POD 2.
Kunstenaars
BOK VAN BLERK
Dis raak!! Bok van Blerk, gebore as Louis Andreas Pepler, is ‘n multi platinum Afrikaanse sanger en liedjieskrywer wat bekendheid verwerf het met sy liedjie. Bekend vir sy diep stem en passievolle ooptredes, inspireer hy met sy liefde vir Suid Afrikaanse kultuur en musiek. Ons kan nie wag om ons bene seer te dans op Bok en sy band se musiek nie! Waar beter as in die Canyon onder die Karoo sterre. Dis raak!!
ROBBIE WESSELS
Hierdie veelsydige kunstenaar het ‘n onweerstaanbare
aantrekkingskrag vir Afrikaanse gehore regoor die wêreld. Sy unieke
benadering, waar hy humor en diep emosies harmonieus vermeng, het hom
‘n geliefde ster gemaak in die musiek- en vermaakbedryf onder oud en jonk. Hou vas jou matras want Robbie Wessels kom Karoo toe! Ons sien ongelooflik uit na al hierdie man se treffers en staaltjies.
DASSIE
Met sy nuwe enkelsnit “WYNE” gaan hierdie jiong kunstenaar net van krag tot krag!Dassie se lewendige optredes is ‘n viering van ritme en melodie, met ‘n charisma wat ‘n blywende indruk maak. Hierdie is die 3rde jaar wat ons vir Dassie terug nooi na Tankwa Drome. Kom ervaar hierdie ongelooflike talentvolle kunstenaar. Hy gaan hierdie jaar ons bederf as voorvertoning vir Bok Van Blerk in die Canyon en dan weer Saterdagaand sy volle vertoning aanbied by die Party bus.
WERNER VAN DER HOVEN
Werner Van Der Hoven is hier om te bly met sy nommer 1 treffer WYNLAND. Hy en sy orkes bring hulle energieke opotrede na die Place Of Dreams Canyon vir hierdie jaar se 4de Tankwa Drome. Hy het ‘n ongelooflike stem en skryf liedjies wat jou hoendervleis van kop-tot-tone gee. Ons is nuuskierig om te hoor hoe hierdie man se stem weergalm teen die hange, van die oer-oue Canyon.
VREDE
Hierdie ouens bring dit! Vrede is ‘n ongelooflike goeie orkes,sterk stemme en goeie afrikaanse liedjies. Hulle is terug vir ‘n tweede keer en nou met ‘n vol band!
Program
Vrydag
21:00 – Voorvertoning (Canyon)
21:30 – Bok van Blerk (Canyon)
22:30 – Vrede (Partytjiebus)
00:00 – Angi QQ (Partytjiebus)
Saterdag
8:00 – Fauna en Flora stappie met Zulch Conradie
Word een met die Karoo en haar ongelooflike plantegroei. Nuwelinge moet hierdie ongelooflike ervaring beslis nie misloop nie.
10:00 – Pilates
Maak die litte los saam met ons geliefkoosde Tanya voor ‘n groot dag se saamkuier.
12:30 – Makietie by die Dam
Kom koel af langs die INFINITY DAM met witwarm musiek, yskoue drankies en ‘n onmenslik-mooi uitsig. Hierdie jaar se verassingskunstenaar is ‘n absolute legende!
19:00 – Werner van der Hoven (Canyon)
21:00 – Robbie Wessels (Canyon)
22:30 – Dassie (Partytjiebus)
00:00 – Angi QQ (Partytjiebus)
Spyseniering
‘n Kontant-kosstalletjie sal die hele naweek beskikaar wees vir feesgangers om heerlike kos te bestel vir ontbyt, middagete en aandete.
Feesgangers is ook welkom om hulle eie kos en drank saam te bring. POD1 het ‘n volle toegeruste kombuis vir diegene wat sal verkies om hulle eie maaltye te voorsien.
POD1 het ‘n groot gemeenskaplike braai-area, waar gaste enigetyd ‘n lekker tjop op die vuur kan gooi (braaihout moet self voorsien word.)
Aktiwiteite
Kom binnekort…
Kontakinligting
Vir alle vrae en navrae, kontak ons asseblief by hello@placeofdreams.co.za