Afrikaanse woestyn-partytjie onder die Suiderkruis

 

Kom deel in ‘n uitbundige viering van Afrikaanse kunstenaars & musiek in die hartjie van die Tankwa Karoo. 

AANGEBIED DEUR PLACE OF DREAMS (POD)

In 2018 het daar ‘n groep baie lekker mense in ‘n verskuilde kloof in die Tankwa Karoo saamgekom om die drukgang van die stadlewe te ontvlug. Hier, met hulle voete in die sonwarm sand, en hulle oë vol sterre, het hulle Place of Dreams raakgedroom.

Tankwa Drome is ‘n jaarlikse reunie om hierdie grootse oomblik te vier, en soos die pioniers van ouds ‘n paradys in die middel van nêrens te skep. Hier bevorder ons die kuns, en verlekker ons onsself in Afrikaanse gasvryheid en deelkultuur.

Sluit by ons aan en word deel van hierdie unieke ervaring waar dans-tot-jy-omkap musiek, die betowerende skoonheid van die Karoo en die gees van avontuur saamvloei soos Klippies en Cola. Pak jou vellies, blikbeker, keppie en ‘n koelboks, en kom skep ‘n paar splinternuwe kernherrineringe.

Vir nuwe POD Familie & Vriende

Teken asb op vir POD lidmaatskap. Dit vat minder as 2 minute van jou tyd. As jy nie ‘n lid is nie, sal jy nie mag kaartjies koop nie.

alreeds ‘n member? Login

Kaartjies en Akkommodasie

Liefling

Bring-jou-eie opsie by POD 2

R1500pp

Kom jy met ‘n daktent, karavaan of kamp trailer?

R1500 per voertuig permit (VP)

Kyk uit vir die karavaantjies op die POD kaart.

Ingesluit:

– 1 x Feesganger-kaartjie
– Kampeerplek by POD2
– Volle ablusie-fasilliteite

Kom geniet die nuwe opgegradeerde POD 2.

Uitgesluit:

– Maak voorsiening vir jou eie tent, tent geriewe en skadu
– Bring-jou-eie kampeerders moet self-onderhoudend wees en
inpak wat hulle glo hulle sal benodig.

Lisa se klavier

Bring-jou-eie opsie by POD 1

R1900pp

Kom jy met ‘n daktent, karavaan of kamp trailer?

R1500 per voertuig permit (VP)

Kyk uit vir die karavaantjies op die POD kaart.

Ingesluit:

– 1 x Feesganger kaartjie
– Kampeerplek by POD1
– Volle ablusie-fasilliteite
– Gemeenskaplike bedouintent

Uitgesluit:

– Maak voorsiening vir jou eie tent, tent geriewe en skadu.
– Bring-jou-eie kampeerders moet self-onderhoudend wees en
inpak wat hulle glo hulle sal benodig.

Baby ek bly

Semi-glamping opsie

R3000pp vir 2 kaartjies
R4200pp vir 1 kaartjie

Ingesluit:

– 1 x Feesganger-kaartjie
– 1 x Koepeltent, reeds opgeslaan, onder skadu (slaap 2)
– Matrasse
– Gemeenskaplike elektrisiteitspunt

Uitgesluit:

– Geen beddegoed of handdoeke

Die Reisiger

Voluit Glamping opsie

R4000pp vir 2 kaartjies
R5600pp vir 1 kaartjie

Ingesluit:

– 1 x Feesganger-kaartjies
– 1 x Luukse koepeltent (slaap 2)
– 1 x Dubbelbed met ‘n matras OF twee x enkelbeddens met matrasse
– Kombers, laken en kussing
– Beligting, bedlampies, bedkassies en kragpunte
– Toegang tot gemeenskaplike geriewe: yskas, etenstafel, twee kampstoele per tent

Round Rooms Akkommodasie

Round Rooms POD 1 (Slaap 4) – Geleë naby die hoofkamp

R20000 (Slaap 4)

Ingesluit:

– 1 x Feesganger-Kaartjies
– ⁠Die Round Rooms is ‘n stylvolle 2-slaapkamer huisie vir 4 mense.
– Bied ‘n volledige toegeruste kombuis, sitkamer en persoonlike badkamer.
– 2 x kampeertoele
– 2 x dubbelbeddens met bedkassies
– Kamer waaiers, elektriese ligte en kragpunte
– Toegang tot alle fasiliteite van POD 1.

Ons kaart werk so

Ons het ‘n interaktiewe kaart binne ons kaartjie-stelsel geskep wat jou toelaat om beskikbare plekke, tente en kaartjies direk van die kaart af te deursoek. Die areas waar kaartjies beskikbaar is vir Tankwa Drome is POD 1 & POD 2.

Kunstenaars

Kunstenaars word binnekort aangekondig

Program

Kom binnekort…

Spyseniering

‘n Kontant-kosstalletjie sal die hele naweek beskikaar wees vir feesgangers om heerlike kos te bestel vir ontbyt, middagete en aandete.

Feesgangers is ook welkom om hulle eie kos en drank saam te bring. POD1 het ‘n volle toegeruste kombuis vir diegene wat sal verkies om hulle eie maaltye te voorsien.

POD1 het ‘n groot gemeenskaplike braai-area, waar gaste enigetyd ‘n lekker tjop op die vuur kan gooi (braaihout moet self voorsien word.)

Aktiwiteite

Kom binnekort…

Kontakinligting

Vir alle vrae en navrae, kontak ons ​​asseblief by hello@placeofdreams.co.za