4-6 MAART 2022

TANKWA DROME

‘n Opelug Boetiek Musiek- en Leefstylnaweek in die hartjie van die Tankwa Karoo

BIED AAN:

REFENTSÉ – TASHÉ  – EET KREEF! (HERLEEF)

BESPREKINGS: https://qkt.io/oXVXs7

Venue

Tankwa Drome ‘n Feesviering van Afrikaanse kunstenaars en musiek, in die hart van die Tankwa Karoo.
Aangebied deur Place of Dreams (POD).
Place of Dreams (POD) is geleë op 3 700 hektaar ongerepte wildernis, in die hart van die Tankwa Karoo.

Tankwa Drome word hier in die POD berg-kloof aangebied, wat oor ‘n miljoen jaar oud is. Hierdie unieke opelug amfiteater bevat ‘n groot natuurlike klipdam, ‘n waterval, ‘n klipkroeg en ‘n klipdansvloer.
Pak jou vellies, jou blikbeker en ‘n koelboks en kom geniet hierdie een keer in ‘n leeftyd, Afrikaans musiekvertoning onder die karoo sterre.

(POD is ongeveer 50 minute vanaf Ceres op die R356, Sutherland pad. Die afstand vanaf Kaapstad is 240 km. Besoek gerus die webwerf www.placeofdreams.co.za vir meer inligting).

KUNSTENAARS

REFENTSÉ

 

Kom ervaar hierdie SAMA-Topverkoper, vir ’n intieme konsert, onder die Karoo sterre.

 

 

TASCHÉ

 

TASCHÉ se talent is ongetwyfeld wêreldklas. Met haar unieke stem raak sy op 19 jarige ouderdom die eerste vroulike wenner van die realiteitTV-reeks, The Voice S.A. 3.

 

EET KREEF! HERLEEF

Laudo Liebenberg, akteur van verskeie TV en film produksies, asook hoofsanger van ‘A-King’ vat hande met Frank Freeman, Schalk van der Merwe, Mikhaela Kruger en Sheldon Yoko om na 30 jaar hierdie ikoniese album van ‘Johannes Kerkorrel en die Gereformeerde Blues Band’ te herdenk en nuwe lewe te gee.

KAMP PAKETTE

 

LIEFLING: R 1 200 (PER PERSON)
“BRING YOUR OWN” OPSIE 1 BY POD 2

Ingesluit:
– 1 x Feesganger kaartjie.
– Kampeer plek by POD2.
– Volle ablusie fasilliteite.
– Toegang tot ‘n gemeenskaplike bedoin tent.
– Toegang tot braaifasiliteite (hout word nie voorsien nie).
Uitgesluit:
– Maak voorsiening vir jou eie tent, tent geriewe en skadu.
– “Bring your own” kampeerders moet self-onderhoudend wees en inpak wat hulle glo hulle sal benodig, dit sluit ook in eie kos, verkoeling en kosmaak/kombuis toerusting.

 

LISA SE KLAVIER: R 1 900 (PER PERSON)
“BRING YOUR OWN” OPSIE 2 BY POD 1 (NADER AAN DIE HOOF VENUE AS POD2)

Ingesluit:
– 1 x Feesganger kaartjie.
– Kampeer plek by POD1.
– Volle ablusie fasilliteite.
– Gemeenskaplike bedoin tent.
– Toegang tot braaifasiliteite (hout word nie voorsien nie).
Uitgesluit:
– Maak voorsiening vir jou eie tent, tent geriewe en skadu.
– “Bring your own” kampeerders moet self-onderhoudend wees en inpak wat hulle glo hulle sal benodig, dit sluit ook in eie kos, verkoeling en kosmaak/kombuis toerusting.

BABY EK BLY: R 6 400 (TOTAL VIR TWEE)

Ingesluit:
– 2 x Feesganger-kaartjies
– 1 x Koepel tent, reeds opgeslaan, onder skadu (slaap 2)
-Matrasse (1 x dubbel of 2 enkel)
– Gemeenskaplike elektrisiteits punt en ligte
– Toegang tot gemeenskaplike kombuis, met ‘n yskas, stoof, oond en mikrogolf, asook kook- en eetgerei.
– Toegang tot braaifasiliteite (hout word nie voorsien nie).

Uitgesluit:
– Geen beddegoed of handoeke.

DIE REISIGER: R 8 400 (TOTAL VIR TWEE)

Ingesluit:
– 2 x Feesganger-kaartjies
– 1 x luukse koepel tent (slaap 2).
– 1 x dubbel bed met ‘n matras OF twee x enkel beddens met matrasse.
– Kussings, paslaken, en kombers (Geen Handoeke).
– Beligting, bedlampies, bedkassies en kragpunte.
– Toegang tot gemeenskaplike kombuis, met ‘n yskas, stoof, oond en mikrogolf, asook kook- en eetgerei.
– Toegang tot braaifasiliteite (hout word nie voorsien nie).
– Toegang tot ‘n gemeenskaplike onthaal area, ‘n tafel, en twee stoele per tent.

SPYSENIERING

 

‘n Kontant kosstalletjie sal die hele naweek beskikaar wees vir feesgangers om heerlike kos te bestel vir ontbyt, middagete asook aandete.
Feesgangers is ook welkom om hulle eie kos en drank saam te bring.
“Baby ek Bly” en “Die Reisiger” kaartjiehouers het toegang tot die gemeenskaplike kombuisgeriewe. “Liefling” en “Lisa Se Klavier” kaartjiehouers het toegang tot die gemeenskaplike braai-fasiliteite.

POD1 het ‘n groot gemeenskaplike braai-area, waar gaste enigetyd ‘n lekker tjop op die vuur kan gooi (braaihout moet self voorsien word.)

BESPREKINGS: https://qkt.io/oXVXs7

TANKWA DROME

VIR ALGEMENE NAVRAE, KONTAK ONS GERUS:

AVRIL: 082 738 6102

GERHARD: 083 275 7019

E-POS: podkaroo@gmail.com