3-5 MAART 2023
TANKWA DROME
‘n Opelug Boetiek Musiek- en Leefstylnaweek in die hartjie van die Tankwa Karoo.
Kom beleef die tweede seisoen van Tankwa Drome. ‘n Feesviering van Afrikaanse kunstenaars en musiek.
BIED AAN:
APPEL – ELANDRÉ – REFENTSÉ – DASSIE
Venue
Tankwa Drome ‘n Feesviering van Afrikaanse kunstenaars en musiek, in die hart van die Tankwa Karoo.
Aangebied deur Place of Dreams (POD).
Place of Dreams (POD) is geleë op 3 700 hektaar ongerepte wildernis, in die hart van die Tankwa Karoo.
Tankwa Drome word hier in die POD berg-kloof aangebied, wat oor ‘n miljoen jaar oud is. Hierdie unieke opelug amfiteater bevat ‘n groot natuurlike klipdam, ‘n waterval, ‘n klipkroeg en ‘n klipdansvloer.
Pak jou vellies, jou blikbeker en ‘n koelboks en kom geniet hierdie een keer in ‘n leeftyd, Afrikaans musiekvertoning onder die karoo sterre.
(POD is ongeveer 50 minute vanaf Ceres op die R356, Sutherland pad. Die afstand vanaf Kaapstad is 240 km. Besoek gerus die webwerf www.placeofdreams.co.za vir meer inligting).
KUNSTENAARS
APPEL
Hierdie befaamde liedjieskrywer is verantwoordelik vir van die grootste treffers in die Afrikaanse musiekgeskiedenis. Ons kan nie wag om hierdie ervaring met jou te deel nie.
Insta: @appelmusiek
FB: Appel
Youtube: Appel
REFENTSÉ
Hierdie SAMA-Topverkoper het laasjaar behoorlik die dak gelig. Hy is hierdie keer terug met sy volle orkes om sy vertoning ‘n stappie verder te neem.
Insta: refentsemusiek
FB: Refentse
Youtube: Refentse
ELANDRÉ
Met uitverkoopte toere, skous-pelagtige optredes en kragtige musiekvideo’s het Elandré in ’n kort tyd sy plek verdien as een van Afrikaans se gunstelinge.
Insta: @elandré_official
FB: Elandré
Youtube: Elandré
DASSIE
Hierdie kunstenaar is van Swelendam, 22 jaar oud en het ‘n stem op hom wat vir niks terugstaan nie. Ons is net so opgewonde oor sy optrede soos wat ons vir sy toekoms is.
Insta: dassie.musiek
FB: Dassie Saayman
KAMP PAKETTE
LIEFLING: R1200 EARLY BIRD PER PERSON
R1 600 (NORMALE PRYS) “BRING YOUR OWN” OPSIE 1 BY POD 2
Ingesluit:
– 1 x Feesganger kaartjie.
– Kampeer plek by POD2.
– Volle ablusie fasilliteite.
– Toegang tot ‘n gemeenskaplike bedoin tent.
Uitgesluit:
– Maak voorsiening vir jou eie tent, tent geriewe en skadu.
– “Bring your own” kampeerders moet self-onderhoudend wees en inpak wat hulle glo hulle sal benodig, dit sluit ook in eie kos, verkoeling en kosmaak/kombuis toerusting.
LISA SE KLAVIER: R1600 EARLY BIRD PER PERSON
R2100 PER PERSON (NORMALE PRYS) “BRING YOUR OWN” OPSIE 2 BY POD 1 (NADER AAN DIE HOOF VENUE AS POD2)
Ingesluit:
– 1 x Feesganger kaartjie.
– Kampeer plek by POD1.
– Volle ablusie fasilliteite.
– Gemeenskaplike bedoin tent.
Uitgesluit:
– Maak voorsiening vir jou eie tent, tent geriewe en skadu.
– “Bring your own” kampeerders moet self-onderhoudend wees en inpak wat hulle glo hulle sal benodig, dit sluit ook in eie kos, verkoeling en kosmaak/kombuis toerusting.
BABY EK BLY: R 2500 EARLY BIRD PER PERSON
PER PERSON WAT DEEL (R3000 NORMALE PRYS) SEMI˜“GLAMPING” OPSIE
Ingesluit:
– 2 x Feesganger-kaartjies
– 1 x Koepel tent, reeds opgeslaan, onder skadu (slaap 2)
-Matrasse (1 x dubbel of 2 enkel)
– Gemeenskaplike elektrisiteits punt
Uitgesluit:
– Geen beddegoed of handoeke.
DIE REISIGER: R3700 EARLY BIRD PER PERSON
PER PERSON WAT DEEL (R4200 NORMALE PRYS VOLUIT – “GLAMPING” OPSIE ˜ BRING DIE GEMAK VAN JOU EIE TUISTE NA DIE KAROO.
Ingesluit:
– 2 x Feesganger-kaartjies
– 1 x luukse koepel tent (slaap 2).
– 1 x dubbel bed met ‘n matras OF twee x enkel beddens met matrasse.
– Kussings, paslaken, en kombers (Geen Handoeke).
– Beligting, bedlampies, bedkassies en kragpunte.
– Toegang tot ‘n gemeenskaplike onthaal area, ‘n tafel, en twee stoele per tent.
SPYSENIERING
‘n Kontant kosstalletjie sal die hele naweek beskikaar wees vir feesgangers om heerlike kos te bestel vir ontbyt, middagete asook aandete.
Feesgangers is ook welkom om hulle eie kos en drank saam te bring.
“Baby ek Bly” en “Die Reisiger” kaartjiehouers het toegang tot die gemeenskaplike kombuisgeriewe. “Liefling” en “Lisa Se Klavier” kaartjiehouers het toegang tot die gemeenskaplike braai-fasiliteite.
POD1 het ‘n groot gemeenskaplike braai-area, waar gaste enigetyd ‘n lekker tjop op die vuur kan gooi (braaihout moet self voorsien word.)
TANKWA DROME
VIR ALGEMENE NAVRAE, KONTAK ONS GERUS:
AVRIL: 082 738 6102
GERHARD: 083 275 7019
E-POS: podkaroo@gmail.com